AANSTELLING VAN KURATORS EN LIKWIDATEURS EN BEWYS VAN VORDERING IN GESEKWESTREERDE BOEDELS OF MAATSKAPPYE IN LIKWIDASIE
Ingevolge Artikels 40(3), 56(3) en (77) van die Insolvensiewet, 1936, Artikels 129, 179 en 182 van die Maatskappyewet, 1926, Artikels 339, 366, 375(5)(b), 386 (1)(d) en 402 van die Maatskappyewet, 1973, en Artikel 79 van die Wet op Beslote Korporasies, 69 van 1984, word hierby kennis gegee dat die persone hieronder vermeld as kurators of likwidateurs aangestel is, na gelang van die geval en dat persone wat enigiets aan die boedels of maatskappye verskuldig is, die skulde, tensy anders vermeld, onmiddelik by genoemde kurators of likwidateurs moet betaal. Byeenkomste van skuldeisers, lede of kontrubuante van genoemde boedels of maatskappye sal gehou word op die datums, tyd en plekke hieronder vermeld vir die bewys van vorderings teen die boedels of maatskappye, vir die ontvangs van die verslae van die kurators of likwidateurs oor die sake en toestand van die boedels of maatskappye of betreffende aangeleenthede rakende die beheer daarvan.
In ‘n plek waarin ‘n kantoor van ‘n Meester is, word die byeenkoms voor die Meester en op ander plekke voor die Landdros gehou.
Meestersverwysing: K6/2026
Gelikwideerde/Gesekwestreerde Boedel: CROWN ASPHALT CC; Reg Nr: 1994/018560/23
Datum, tyd en plek van vergadering: 2 September 2026 om 10h00. Te die kantore van die Meester, Kimberley.
Doel van vergadering: Bewys van Eise en Ondervraging
LIKWIDATEUR: J.A. SNYDERS
ENGELSMAN, MAGABANE ING.
POSBUS 609
KIMBERLEY, 8300
BISHOPS COURT, 9 BISHOPS AVENUE
LABRAM, KIMBERLEY, 8301
053 – 832 8134 / annelouise@engelsman.co.za
Datum van publikasie: 24 Julie 2026